Soveel renosters reeds vanjaar gestroop

Foto: www.rhinoconservation.org

Die departement van omgewingsake het ʼn beroep gedoen op bewaringsorganisasies om die departement by te staan in die stryd teen renosterstropery nadat dié groepe geëis het dat die minister bedank.

Omgewingsgroepe het verlede week gevra dat minister Edna Molewa bedank “in die lig van die voortslepende renosterstropery”. Albi Modise, ʼn woordvoerder van die departement, het die groepe gekritiseer en gesê hulle moet eerder probeer deel wees van die oplossing. Minstens 262 renosters is reeds vanjaar vir hul horings gestroop met 155 hiervan in die Krugerwildtuin. Modise sê 173 mense is reeds vanjaar vir renosterstropery in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.