Soveel renosters reeds vanjaar gestroop

Foto: www.rhinoconservation.org

Die departement van omgewingsake het Maandag statistiek bekendgemaak rakende die aantal renosters wat reeds vanjaar vir hulle horings doodgemaak is in Suid-Afrika.

Die departement van omgewingsake het Maandag bekendgemaak dat 135 renosters reeds vanjaar vir hulle horings doodgemaak is. Dit kom nadat die departement sowat twee weke gelede alle kommunikasie rakende renosterstropery en -statistiek oorgeneem het. Die departement sê egter dit is bemoedigend dat 89 mense reeds vanjaar vir renosterstropery in hegtenis geneem is. Die departement sê 75 van 135 renosters is in die Krugerwildtuin doodgemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.