Albi Modise, woordvoerder van die departement van omgewingsake, sê 394 renosters is reeds vanjaar gestroop. Teen einde Mei was 367 renosters reeds vir hul horings doodgemaak. Modise sê 257 renosters is sedert 1 Januarie in die Krugerwildtuin gestroop. “In Noordwes is 46 renosters reeds gestroop, 35 is in KwaZulu-Natal doodgemaak, twee in die Oos-Kaap en een in Gauteng.” Modise sê 117 vermeende renosterstropers is reeds vanjaar in hegtenis geneem waarvan 53 in die Krugerwildtuin.
Die publiek kan voorvalle van renosterstropery by 0800 205 005 aanmeld.