Soveel renosters vanjaar al gestroop

Foto: Moira-Marie Kloppers

Nagenoeg 400 renosters is reeds vanjaar vir hul horings doodgemaak.

Albi Modise, woordvoerder van die departement van omgewingsake, sê 394 renosters is reeds vanjaar gestroop. Teen einde Mei was 367 renosters reeds vir hul horings doodgemaak. Modise sê 257 renosters is sedert 1 Januarie in die Krugerwildtuin gestroop. “In Noordwes is 46 renosters reeds gestroop, 35 is in KwaZulu-Natal doodgemaak, twee in die Oos-Kaap en een in Gauteng.” Modise sê 117 vermeende renosterstropers is reeds vanjaar in hegtenis geneem waarvan 53 in die Krugerwildtuin.

Die publiek kan voorvalle van renosterstropery by 0800 205 005 aanmeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.