Soveel renosters vanjaar al gestroop

Foto: www.rhinoconservation.org

Die departement van omgewingsake het Donderdag aangekondig dat 350 renosters reeds vanjaar vir hul horings doodgemaak is.

“Die Krugerwildtuin loop steeds die ergste deur met 242 renosters wat reeds in die wildtuin doodgemaak is sedert die begin van die jaar,” het die departement in ʼn verklaring gesê. “In Noordwes is 29 renosters al vir hul horings doodgemaak terwyl 28 in Limpopo gestroop is, 33 in KwaZulu-Natal en 17 in Mpumalanga.” Gauteng het die week sy eerste renoster vir die jaar verloor. Die aantal mense wat in verband met renosterstropery in hegtenis geneem is, het intussen tot 106 gestyg.

In 2012 is 668 renosters vir hul horings doodgemaak waarvan 452 in die Krugerwildtuin gestroop is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.