Albi Modise, woordvoerder van die departement van omgewingsake, sê 62 van die vermeende stropers is in die Krugerwildtuin vasgetrek. In KwaZulu-Natal is 30 mense in hegtenis geneem, 27 in Limpopo en 11 in Noordwes. Nege mense is in Mpumalanga in hegtenis geneem en drie in Gauteng. Van die 488 renosters wat reeds vanjaar vir hul horings doodgemaak is, is 300 in die Krugerwildtuin gestroop. Modise sê 53 renosters is in Noordwes gestroop, 52 in Limpopo, 43 in KwaZulu-Natal, 35 in Mpumalanga, drie in Gauteng en twee in die Oos-Kaap. In 2012 is 668 renosters vir hul horings doodgemaak, 448 in 2011 en 333 in 2010.
ʼn Renosterkarkas sonder ʼn horing is intussen Woensdag in die Marakele Nasionale Parlk naby Thabazimbi in Limpopo gevind. Paul Daphne, woordvoerder van SANParke, sê dit is die eerste renoster om die afgelope twee jaar in die park gestroop te word. Intussen is vier vermeende renosterstropers Donderdag in Pongola in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem.
En wat word van hierdie mense nadat hulle ingehegtenis geneem is?? Kry ‘n R1500 borgtog en dan gaan probeer hulle net weer….. belaglik