Sowat 300 000 Amerikaners nog dae sonder skoon kraanwater

Die Nasionale wag deel bottels gesuiwerde water uit. Foto: AP.

Die Nasionale wag deel bottels gesuiwerde water uit. Foto: AP.

Vier dae nadat ‘n gevaarlike chemiese stof naby ‘n watersuiweringsaanleg in die Elkrivier in Wes-Virginië gestort het, berig die Amerikaanse owerhede dit sal waarskynlik nog dae duur voordat kraanwater veilig is.

Vroeër is gemaan dat die kraanwater slegs gebruik kan word om toilette mee te spoel. Die goewerneur het ‘n noodtoestand in nege munisipale gebiede verklaar, wat die hoofstad Charleston insluit, en sowat 300 000 mense word geraak. Skole, sake-ondernemings en restaurante is noodgedwonge gesluit.

Die Christian Science Monitor berig dat dosyne mense by hospitale aangemeld het om vir naarheid of veluitslag behandel te word.
Die owerhede neem elke dag sowat ‘n miljoen bottels gesuiwerde water na die gebied.

http://youtu.be/Rrm6Ql828eU

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

GawieM ·

Ja broer daardie was ‘n ongeluk en die mense word van skoon gratis drinkwater voorsien. Hier by ons is van die riviere asook ondergrondse water so besoedel dat dit ongeskik is vir menslike gebruik. Daar word niks aan gedoen nie en vererger by die dag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.