Soweto-brand eis vyfde slagoffer

Die 30-jarige ma van die drie seuntjies wat verlede Woensdagoggend in ʼn huisbrand in Soweto dood is, het Sondagaand aan haar beserings beswyk.

Maroela Media het verlede Woensdag berig die polisie vermoed brandstigting. Die drie boeties, Philane (10), Zanele (8) en Mpumi Radebe (3), het die oggend omstreeks 01:00 in hul huis in Zola verkool. Hul pa (31) het glo petrol op die huis gegooi ná ‘n huishoudelike onderonsie met sy vrou. Die pa het later die dag in die Chris Hani Baragwanath-hospitaal aan sy wonde beswyk.

“Die pa het hulle vermoedelik in die huis toegesluit na ʼn rusie en dit aan die brand gesteek. Hy het sy vrou daarvan verdink dat sy ʼn verhouding met sy broer gehad het,” het adjudant-offisier Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.