Spanjaarde is uit die veld geslaan nadat daar glo verlede week ʼn vreemde gedierte op ʼn strand uitgespoel het.
MSN het Donderdag berig die dooie liggaam van dié gedierte het by die Luis Siret-strand in Villaricos uitgespoel. Ooggetuies het die gedierte as ʼn “seemonster” beskryf.
Die gedierte het horings en ʼn vier meter lange lyf soortgelyk aan ʼn slang. MSN berig die kreatuur het kenners op die gebied van oseaanlewe aan die kopkrap, met sommige van hulle wat dit reeds as ʼn “waterdinosourus” of “seedraak” beskryf het.
Paco Toledano, ʼn woordvoerder van die land se marienebewaringsgemeenskap, was huiwerig om kommentaar te lewer toe hy oor die gedierte uitgevra is, maar het gesê verdere toetse sal daarop gedoen moet word om te bepaal van watter spesie dit is.
“Dit is moeilik om nou te sê waarmee ons te doen het,” het Toldano gesê. “Ons sal dalk iets kan leer uit sy oorskot, maar om ʼn definitiewe antwoord te gee, sal ʼn volledige genetiese analise nodig wees. Dis egter ʼn baie duur oefening, en ons is nie seker wie vir so iets sal betaal nie.”
Een van die mense wat op die dierasie afgekom het, het gesê dit het baie erg gestink en was besig om te ontbind.
Dit sal een van die fosiel diere wees wat hulle beweer MILJOENE jare terug uitgestrerf het. Want hulle fosiel laag gee daai datum aan.
Die monster gaan eenvoudig verdwyn want die aapmense wil nie hulle teorie laat uitmekaar val nie.
‘n Mens is ‘n “die dooie liggaam “, ‘n dier het ‘n karkas!