Span soek reeksverkragter en -moordenaar

Die nasionale polisiehoof het ʼn span speurders aangestel om na ʼn reeksverkragter en –moordenaar wat glo in Pretoria bedrywig is, te soek.

Genl. Riah Phiyega het Sondag in ʼn verklaring gesê die span is uiters bekwaam met meer as genoeg ervaring vir die taak. Die span is byeengeroep ná 14 moorde met dieselfde modus operandi in Sunnyside, Villeria en Mamelodi aangemeld is. In vier van die sake is jong vrouens op dieselfde wyse vermoor en is die DNS van een man gevind. Phiyega sê die polisie ondersoek steeds die ander sake om vas te stel of daar ʼn verband is. Die span sluit lede van die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe, misdaadintelligensie, DNS-ontleders en ‘n profielsamesteller in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Willy ·

Ek wonder hoe lank daar nog ‘n bekwame span sal wees soos wat die bekwames uitgewerk word. Sterkte aan die bekwame span, weet julle sal sukses hê. Hoop die monster word gou gearresteer gevonnis en dat al sy hel kan begin.

Boere-meisie ♡ ·

Stem ! Ek’s verbaas hulle is nog nie uitgewerk nie !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.