Spanjaard sterf na hy bierdrinkwedstryd wen

Met die trofee omhoog buite die kuierplek waar hy pas ‘n bierdrinkwedstryd gewen het, het die Spanjaard Joaquín Alcaraz Gracia, skielik siek geword, en ineengestort.

Gracia het pas in die Suid-Spaanse oord Gea y Truyols daarin geslaag om meer as ses liter bier in minder as 20 minute af te sluk, en was skynbaar heeltemal kapabel toe hy sy trofee buite op die terras aan belangstellendes gaan toon het.

By die hospitaal is vergeefs probeer om hom deur te haal, berig ANP.

Volgens die Guinness Book of World Records het Steven Petrosino in 1977 die wêreldrekord opgestel om die vinnigste ‘n liter bier af te sluk – net 1,3 sekondes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Paul ·

Die kans is goed dat hy eerder deur die algehele volume vloeistof siek gemaak is as die alkohol. Soveel alkohol word nie binne so kort tydjie in die liggaam opgeneem nie, maar soveel vloeistof op een slag kan ernstige skade aan interne organe veroorsaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.