Speelgoedgeweer gebruik om piesang en sigaret te steel

Twee mans is in Katlehong aangekeer nadat hulle glo ‘n 50-jarige man met ‘n speelgoedgeweer van sy sigaret en piesang beroof het.

Look Local berig kaptein Mega Ndobe, woordvoerder vir die polisie in Katlehong het gesê die twee mans, onderskeidelik 21 en 24 jaar oud, het die geweer teen die man se oor gedruk en hom beroof. Die polisie is dadelik in kennis gestel en het die mans gejaag. Een van die verdagtes het glo ‘n vuurwapen op ‘n polisiebampte gerig wat hom toe in die been geskiet het. Die polisie het eers later uitgevind die vuurwapen wat tydens die rooftog gebruik is, was ‘n speelgoedgeweer. Een van die mans is in hegtenis geneem en die ander is onder polisie-begeleiding na die hospitaal geneem. Hulle sal binnekort in die landdroshof in Alberton verskyn. 

Lees die oorspronklike berig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.