Spele-aksie amper verby

Met nog net drie dae se Paralimpiese Spele-opwinding oor, kan mens nie bekostig om ʼn oomblik daarvan te mis nie.

Suid-Afrika neem vandag aan 14 items, waaronder ses finale, deel. Die swemmers Emily Gray en Natalie du Toit neem onderskeidelik 10:40 en 10:43 aan die 100m-vryslag S9-uitdunne deel en gaan poog om hul plekke in die finaal los te swem. Om die dag se aksie af te sluit, is Oscar Pistorius om 22:52 weer op die atletiekbaan vir die 400m T44-uitdunne.

Klik hier vir ʼn volledige rooster van die atlete wat vandag deelneem. Neem kennis dat die tyd wat daar weergegee word, die Greenwich-tyd is. Tel dus een uur by om te bepaal hoe laat die item in Suid-Afrika uitgesaai gaan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.