Spesiale howe vir e-tolontduikers

tolhek-21-320x203Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) en die departement van justisie vergader oor die moontlikheid om spesiale howe op te rig waar e-tolontduikers vervolg kan word, het Beeld Maandag berig.

Volgens Mthunzi Mhaga, die woordvoerder van die departement, het Sanral só ʼn hof versoek. “Ons bespreek nog die moontlikhede,” het Mhaga gesê.

Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) en die departement van justisie het gesê hulle “kan nie bespiegel” oor of die land se regstelsel die ekstra las van e-tolontduikers sal kan hanteer nie.

Bulewa Makeka, die kommunikasiehoof van die NVG, het gesê dit is die NVG se verantwoordelikheid om seker te maak dat wette wat aanvaar word deur die howe toegepas kan word.

Sanral en Ben Martins, die voormalige minister van vervoer, het vroeër erken die omstrede Aarto-wet gaan nie gebruik word om e-tolontduikers te vervolg nie, maar eerder die Strafproseswet.

Motoriste sal boetes per geregistreerde pos ontvang wat kan lei tot dagvaardings.

Volgens die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (Outa) sal dié stelsel sowat 2,1 miljoen dagvaardings moet hanteer.

Vusi Mona, die woordvoerder van Sanral, het gesê motoriste wat nie tolgeld betaal nie, sal ingevolge die Sanral-wet aangekla word.

As die eerste skuldinvorderingsproses nie slaag nie, sal ’n finale kennisgewing gestuur word voor die saak aan die vervolgingsgesag oorhandig gaan word. Hy het gesê dit sal elektronies gedoen word.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Erich Goosen ·

Skitterende idee. Ons howe het geen groot werkslading nie en het nie juis werk om te doen nie. Voorts is ons wetstoepassingsbeamptes meesal ledig en sit ons met talle voertuie en administratiewe infrastruktuur wat die ou bykomstige joppie tjaf-tjaf kan baasraak. Binne enkele maande is al wat wanbetalers is vasgevat en betaal almal hul tolpadgelde. O ja, en die maan is van kaas gemaak.

Griet ·

Mense in Suid-Afrika word elke dag by die hope vermoor, beroof en verkrag en hulle het tyd en geld vir sulke twak???? Proudly brought to you by the ANCancer!

Gert Malan ·

You ANC-nothing yet!!!! Die moorde en korrupsie is nie die probleem nie.Die plrobleem is dat die geld om te steel en korrupsie mee te pleeg raak nou op, so iewers moet daar nou weer ‘n nuwe bron wees waarvan gesteel kan word! Vindingrykheid se moses!!!!

AFRIKANER ·

Hulle dink sekker dat hulle vir elkeen n foto ook gaan stuur op watse dag en tyd jy deur die e-tol gery het? nee wat, dit sal nie kan werk nie. Ek sal aandring op bewyse vir elke dag.

Jaco ·

Wel, hierdie is iets waaroor OuTa betyds kan kla, want as daar spesiale howe geskep word, of spesiale prosesse vir invordering van Sanral se gelde, dan kan die regering mos maar spesiale jowe goedkeur om sake aan te spreek soos om, die Gupta sage ens…..
Een deel van die ekonomie kan nie bevoordeel word deur spesiale wetgewing vir invordering bo ‘n ander nie.

En net so ver my kennis strek, die nie betaal van die rekening, is siviel en nie krimineel nie, so ek is ook nie seker of die straf howe die mag sal he om die invordering te kan doen nie. Sal maar moet kyk, maar as Sanral 2+ miljoen dagvaardigings moet hanteer gaan iemand ryk word, dit is verseker.

Leeza ·

Gaan nie gebeur nie. Soos Erich Goosen verder aan noem, – albeit tongue firmly planted in sarcastic side of his mouth (love it) daar is nie kapasiteit nie. Dit sal van staats kant moet kom, en daar is nie eers genoeg aanklaers om bestaande sake te hanteer nie. Gee maar op boetas, En as hulle onbevoegdes daar in sit, praat ons draaie om hulle. Die heel duurste pad in een of ander halfrond?? en die pad was daar om mee te begin. Behoort die mense wat reeds afgetree het en die wat in die toekoms gaan aftree NOU te begin bewe oor die Staatsdiens Pensioenfonds???

Paul ·

Die staatspensioenfonds-aspek van die saak is eintlik feitlik betekenisloos. Minder as 1,8% van die meer as R1 triljoen wat die Staatspensioenfonds onder bestuur het, is in Sanral-effekte belê, en minder as die helfte daarvan het met die Gautengse paaie te doen.
Selfs al word al die betrokke effekte totaal waardeloos, sou dit steeds geen katastrofe vir die lede van die Staatspensioenfonds wees nie. Natuurlik nie ‘n goeie ding nie, maar dis nie asof die Staatspensioenfonds se lewensvatbaarheid van Sanral afhang nie.

Hein Hildebrand ·

Ja né; dis mos baie belangriker om die hardwerkende padgebruikers wat heen en weer tussen huis en kantoor moet ry van hulle hardverdiende inkomste aan die cANCer te extort as om die taxis wat daagliks al die ander padgebruikers se lewens in gevaar stel te polisieer!

Amy ·

Ek wonder of Juju die e-tol sal skrap AS hy president word? Hy praat dan iets van ‘n referendum vir die doodstraf???

Christelle ·

Ons regering het geld en tyd vir die grootste en onnodigste nonsens, maar het nie tyd of geld vir die goed wat regtig belangrik is. Hoekom hoef die taxis nie te betaal nie…? Hulle permanent op die paaie met onpadwaardige motors. Hoekom moet ons hardwerkende mense vir dit betaal…?

HELENA SEABORNE ·

gaan hulle almal van ons toesluit? tronke is klaar vol met die spul wat aspirasies het om eendag president te word. wns die spul wat so koper steel wil besef watter rich pickings daar by daai tol strukture is. kameras, staal. hulle behoort i goei prys te kry vir daardie spul.

Gatvol ·

Ek weet nie wat die koste per hofsaak beloop nie maar dit sal sekerlik ‘n hap uit die staatskas neem wat sal beteken dat daar van erens geld gekry moet word. Dit sal seker die maklikste wees om die e-tolgelde te verhoog ens, ens.Die klomp dofkoppe sal weet dat hulle nie op ‘n ander manier die geld sal kan in nie want dit sal ‘n erkenning wees dat e-tol die verkeerde manier is. Hier kom ‘n ding.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.