Spesiale skuim maak geldwaens veiliger

Argieffoto

Sekere geldwaens gaan in die nabye toekoms met spesiale skuim toegerus word om dit veiliger te maak teen aanvallers.

G4S Cash Solutions SA beplan om 40 voertuie met die skuim toe te rus, het die Star Woensdag berig.

As die skuim geaktiveer word, versprei dit blitsig om ʼn harde rubberagtige versperrings tussen die voertuig se vrag en rowers te vorm. Die doel is om misdadigers af te skrik en gewapende sekuriteitspersoneel aan die agterkant van die voertuie te vervang. Die skuim kan nie deur enige chemikalieë, vuur of ontploffings beskadig word nie. Dit kraak ook nie as daarop geskiet word nie.

Hannes Venter, die firma se verkoopsbestuurder, sê die skuim kan geaktiveer word deur enige poging om die voertuie se agterdeure oop te maak, as die voertuig nie in ʼn veilige plek is nie.

Na verwagting behoort dié voertuie teen die einde van die jaar al op die paaie te wees.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.