Spesialiseenheid beveg regstellende aksie

Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit.

Die vakbond Solidariteit het Woensdag sy Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke bekendgestel in reaksie op die staat se huidige regstellendeaksiemodel wat misluk het. Die sentrum het tydens sy bekendstelling ʼn vyfpuntplan aangekondig wat onder meer behels om in die volgende jaar die ideologie van rasseverteenwoordiging in die konstitusionele hof te toets.

Dirk Groenewald, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, het gesê die vyfpuntplan is bekend gemaak na afloop van ʼn tweedaagse bosberaad in Centurion waartydens top- senior regslui en akademici die probleme van die staat se huidige regstellendeaksiemodel onder die loep geneem het en idees en oplossings vir ʼn alternatiewe model voorgehou het. “Deelnemers aan die bosberaad is dit eens dat regstellende aksie in sy huidige vorm beëindig moet word.”

Die sentrum se vyfpuntplan behels dat sekere kernbeginsels deur middel van litigasie getoets moet word. Dit sluit in:

  • Die grondwetlikheid van indiensnemingsplanne en -praktyke wat gemik is op die bereiking van verteenwoordiging ingevolge die nasionale rassedemografie;
  • die grondwetlikheid van sekere swart ekonomiese bemagtigingspraktyke en -wetgewing;
  • die grondwetlikheid van die toepassing van die rasseverteenwoordigingsbeginsel in die privaat sektor;
  • die grondwetlikheid van die strafbepalings in wetgewing en regulasies sowel as die wetswysigings wat eersdaags aanvaar sal word; en
  • die afskaffing van regstellende aksie in alle staatsdepartemente wat reeds breë verteenwoordiging geniet.

Groenewald het gesê Solidariteit het die sentrum gestig met die doel om te verseker dat regstellende aksie ooreenkomstig met die grondwetlike doel en oogmerk daarvan uitgeoefen word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.