‘Spiderman’-seuntjie sterf ná fratsongeluk met kragopwekker

Zaydon Jooste, ʼn driejarige seuntjie van Springs wat deur sy ouers “klein Spiderman” genoem is, is Woensdagoggend dood nadat hy verlede Vrydag tydens ʼn fratsongeluk erg gebrand het.

Zaydon se storie het gou oor sosiale netwerke versprei, en talle mense van regoor die wêreld het vir “Spiderman” en sy ouers, Madelein en Christo, gebid.

Annerie du Plooy, die stigter van die Hero Burn Foundation, het Woensdag aan Maroela Media gesê “Spiderman” was een van hulle “helde” en het van Vrydag af dapper geveg en vasgebyt. Hero Burn Foundation is ʼn nie-winsgewinde organisasie wat hulle daarop toespits om brandslagoffers en oorlewendes en hul gesinne by te staan, en die pad na herstel saam met hulle te loop.

“Ons het vanoggend die hartseer nuus ontvang dat hy vandag oorlede is. Hy het nou nie meer pyn nie,” het ʼn emosionele Du Plooy gesê.

Talle belangstellendes wat “Spiderman” se storie op Facebook gevolg het, het ook hul simpatie, medelye en boodskappe van bemoediging aan Zaydon se ouers gedeel.

Zaydon het Vrydag brandwonde aan sy gesig, bolyf, arms en hande opgedoen nadat hy naby ʼn kragopwekker was wat aan die brand beslaan het. Hy het ook inwendige brandwonde opgedoen. Hy is na die Netcare Springs-hospitaal gehaas waar hy tot Woensdag toe behandel ontvang het.

Zaydon se ouers is in die stadium te getraumatiseerd om met die media te praat. Du Plooy het namens die gesin almal bedank vir hul ondersteuning en gebede, en gevra dat mense moet aanhou bid vir die ouers en dat hul privaat gerespekteer moet word.

Lees meer oor die Hero Burn Foundation hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Trippie ·

VERSEKER in my gebede !

Moeilike, hartseer pad wat voorlê vir die ouers !
‘n Bemoedigende drukkie aan elkeen – XXX

RIP SPIDER MAN

Alta ·

Sterkte ons dink aan julle en die Here sal julle Dra en stuif vas hou

Ons innige Simpatie

Willy ·

Ai dis so hartseer! In my hart is dit seker die beste dat klein Zaydon afstand gedoen het van daardie stukkende lyfie.Hy het nou ‘n verheerlikte liggaampie sonder enige seer. Ek dink aan die ouers en familie wat deur hierdie hartseer tyd moet gaan. Sterkte vir julle almal.

Willy ·

Joune ook Trippie maar ja kinders, diere en oumense eintlik weerloses is baie na aan ons harte. Ons het humor maar ons het deernis ook. En dit is wat my ‘n traan laat pik.

Carin ·

Tog so bitter tragies. Mag Jesus self by elkeen van julle teenwoordig wees in hierdie rou tyd.
RIV Zaydon.

sylvia ·

so n pragtige seuntjie gewees hy is nou in n plek waar engeltjies woon en eendag sal hy weer by sy mamma en pappa wees, my hart bloei vir sy ouers. die Here het n tyd en n plek vir almal op aarde. RIV Zaydon

christine naude ·

BAIE sterkte aan die ouers, Mag God julle styf vashou in hierdie seer tydperk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.