‘n Britse skool, Dean Academy, moes Woensdag ontruim word toe die skool deur spinnekoppe oorgeneem is.
Dié leergierige spinnekoppe, die Steatoda nobilis, maar meer bekend as die valse weduwee, is Brittanje se giftigste soort spinnekop. Niemand is gebyt nie, maar die spulletjie gaan uitgerook word. Die vermoede is dat klimaatsverandering daartoe bydra dat die soort spinnekop nou meer algemeen voorkom.