Spioenasiebande: Zuma-aansoek goedgekeur

Pres. Jacob Zuma

Pres. Jacob Zuma

President Jacob Zuma se aansoek om verlof tot appèl teen die vrystelling van die sogenaamde “spioenasiebande” is Vrydag in die Johannesburgse hooggeregshof goedgekeur.

“Ek is oortuig dat die moontlikheid bestaan dat ‘n ander hof tot ‘n ander besluit kan kom,” het regter Rammaka Mathopo gesê. “Verlof tot appèl word toegestaan.”

Zuma het die aansoek op 16 Augustus by die Pretoriase hooggeregshof ingedien nadat Mathopo verlede maand beslis het dat Nomgcobo Jiba, hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), ‘n afskrif van die bande by die griffier van die hof moet indien.

Die Demokratiese Alliansie het ‘n versoek ingedien om die bande te bekom nadat die hoogste hof van appèl beslis het dat die party wel toegang tot die bande mag bekom.

Die bande, transkripsie en ander dokumente hou verband met ‘n besluit van die NVG in 2009 om aanklagte van korrupsie teen Zuma te laat vaar.

Mathopo het Vrydag gesê hy het die aansoek om verlof tot appèl goedgekeur weens die feit dat daar verskillende interpretasies van die bevel was deur die partye. “Dit is my siening dat die saak deur die hoogste hof van appèl aangehoor moet word om die finale interpretasie daarvan te gee.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Pieter Potgieter ·

Hy het seker baie om weg te steek. As hy onskuldig is laat ons weet wat se die bande. Dan hoef hy mos nie bang te wees nie.

sarel du plessis ·

Net as jy iets het wat jou sal skuld onteenseglik sal bewys sal jy alles in jou vermoe doen om te keer dat dit openbaar word. enige president of leier met inteteit sal nie skroom om sy doen en late te openbaar nie.

Eben ·

Die dag as zumie nie meer prez is, en dis bitter vinnig dan sal alles op die lappe kom en hy gaan nog die eerste prez van Suid Aapland wees wat met sy dik allie in die tronk gaan sit. Nee wat xummie jou dag gaan kom. die valke gaan jag op jou maak …..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.