Splinternuwe biblioteek vir Durban

Durban gaan binnekort met ‘n splinternuwe biblioteek van R497 miljoen kan spog.

Thabo Mofokeng, woordvoerder van die eThekwini-munisipaliteit, het gesê die biblioteek in Durban se middestad, langs die Workshop-winkelsentrum, is Donderdag deur die raad goedgekeur. Tex Collins, leier van die Demokratiese Alliansie (DA) in die provinsie, sê sy party het dié voorstel ondersteun. Volgens Collins sal die Carnegie-stigting die projek finansier. Die provinsiale regering sal moontlik ook ‘n finansiële bydrae lewer. “Ons doel is om seker te maak dat, indien die begroting dit toelaat, elke wyk in die munisipaliteit ‘n biblioteek sal hê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.