Spoed glo die oorsaak vir dood van agt leerlinge

Die busbestuurder wat Dinsdagaand in KwaZulu-Natal in ʼn ongeluk betrokke was en gevolglik die dood van agt leerlinge veroorsaak het, is onder polisiebewaking in die hospitaal.

Maroela Media het vroeër berig die bus was van Richardsbaai na Kwaceza onderweg toe die ongeluk tussen Ulundi en Kwaceza plaasgevind het. Die bestuurder het glo beheer oor die bus verloor waarna dit omgeslaan het. Vyf leerlinge is kritiek beseer en 20 het ernstige beserings opgedoen. Tien passasiers word nog in die hospitaal behandel. Lees meer hier.

Senzo Mchunu, die KwaZulu-Natalse LUR vir onderwys, het gesê voorlopige verslae dui daarop dat spoed waarskynlik die oorsaak van die ongeluk was. Beweringe word ook ondersoek dat die bestuurder onder die invloed van alkohol bestuur het.

Die bestuurder is nog nie aangekla nie. Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.