Spoedvraat beweer sy broer is oorlede

‘n Man sal Maandag in die landdroshof in Pretoria verskyn nadat hy glo teen 187km/h op die N1 gery het.

“Die man het beweer hy is op pad na Oos-Londen nadat hy nuus ontvang het dat sy broer gesterf het. Die beamptes het probeer om dié verskoning te bevestig, maar kon dit tot dusver nie regkry nie,” het Busaphi Nxumalo, woordvoerder vir die Gautengse verkeerspolisie, gesê. Die bestuurder van die voertuig, ‘n 42-jarige man en gehaltebestuurder by Mercedes Benz, is Sondagaand omstreeks 22:30 net ná die Murrayhill-wisselaar, in ‘n 120km/h-sone voorgekeer en in hegtenis geneem.

Hy is na die Sinoville-polisiestasie geneem en is met roekelose of nalatige bestuur aangekla, met ‘n alternatiewe aanklag van spoedoortreding. Meer as 15 motoriste is oor die naweek vir spoedoortreding en roekelose bestuur in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.