Spoedvraat glo nie “Olimpiese swemmer”

ʼn 20-jarige man wat Sondag op die N1-noord in Centurion vasgetrek is nadat hy teen 188 km/h gery het, het glo aan die verkeerspolisie gesê hy is ʼn Olimpiese swemmer.

Die man se 55-jarige pa is ook vasgetrek nadat hy teen 234 km/h gery het. Pa en seun het met Porsche GT3-motors gery. EWN berig dat die mans op die toneel aan verkeersbeamptes gesê het dat die 20-jarige man se toekoms nou daarmee heen is aangesien hy ʼn Olimpiese swemmer is. Die uitvoerende hoof van Swem Suid-Afrika, Shaun Adriaanse, het aan EWN bevestig dat die man nie deel vorm vam vanjaar se Olimpiese span nie. Beeld het die twee intussen geïdentifiseer as Adam Hack en sy pa, David. Busaphi Nxumalo, woordvoerder van die Gautengse verkeerspolisie, het aan Beeld gesê indien die mans wel leuens aan die polisielede vertel het, is dit ʼn ernstige oortreding. Die pa en seun is in hegtenis geneem op aanklag van roekelose of nalatige bestuur. Hulle is op borgtog van R1 000 elk vrygelaat en sal Maandag in die Pretoriase landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.