Spoedvraat in sy nagklere vasgetrek

ʼn Man in sy nagklere is een van drie spoedvrate wat die naweek in Benoni hegtenis geneem is.

Hoofsupt. Wildfred Kgasago, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie, sê die man in sy nagklere is Saterdag in ʼn swart Mercedes Benz in hegtenis geneem nadat hy teen 142km/h in ʼn 80km/h-sone gery het. “Hoewel hy sy nagklere aangehad het, het hy aangevoer dat hy gejaag het om sy kollegas te gaan optel aangesien hulle laat was vir werk.” ʼn 38-jarige man in ʼn rooi Mercedes Benz is teen 134km/h vasgetrek in ʼn 80km/h-sone terwyl ʼn 44-jarige motorfietsryer teen 136km/h op dieselfde pad vasgetrek is. Die drie mans is in hegtenis geneem en is op borgtog van R1 000 elk vrygelaat. Hulle sal na verwagting Maandag in die Benoni-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.