Spoedvraat jaag glo oor ma

ʼn 33-jarige man is Sondag op die R21 naby Nellmapius in hegtenis geneem nadat hy teen amper dubbel die wettige spoedgrens gery het.

Busaphi Nxumalo, woordvoerder vir die Gautengse verkeerspolisie, sê die man is omstreeks 11:00 Sondagoggend in hegtenis geneem nadat hy glo teen 234 km/h gery het. “Die man en ʼn vriendin het op sy blou Kawasaki ZX-19 gery. Hy beweer hy was op pad na sy ma wat glo ʼn paniekaanval gehad het.” Die man is van roekelose en nalatige bestuur aangekla. Hy is op borgtog van ʼn R1 000 vrygelaat en sal na verwagting Maandag in die Lyttelton-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.