“Spoedvraat” olimpiese swemmer en sy pa gevang

‘n Suid-Afrikaanse Olimpiese swemmer en sy pa is Sondag op die N1 in Pretoria in hegtenis geneem nadat hulle glo die spoedgrens verbreek het.

Busaphi Nxumalo, woordvoerder van die verkeerspolisie in Gauteng, sê die 55-jarige pa is net voor 07:00 in hegtenis geneem nadat hy glo 234km/h met sy Porsche GT3 gejaag het, berig IOL. “Sy seun, ‘n 20-jarige wat ‘n Olimpiese swemmer vir Suid-Afrika is, het ook met ‘n Porsche GT3 net agter sy pa gery en is teen 188km/h vasgetrek,” het Nxumalo gesê.

Nxumalo sê die twee is vir roekelose en nalatige bestuur in hegtenis geneem met ‘n bykomende aanklag dat hulle die algemene spoedgrens van 120km/h oorskry het. Die twee is op borgtog vrygelaat en sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Pretoria verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.