Spoedvraat probeer wegjaag

Argieffoto

‘n Man van Alberton is vroeg Sondagoggend in hegtenis geneem nadat hy probeer het om van die Johannesburgse metropolisie te vlug.

“Hy is om 04:15 teen 180 km/h op die N1 in Midrand gevang,” het hoofsuperintendent Wayne Minnaar, woordvoerder van die metropolisie, gesê. “Die bestuurder het die Olifantsfonteinafrit geneem en beamptes moes ondersteuning ontbied om te help om die silwer motor voor te keer.” Minnaar sê daar was beamptes langs dieselfde pad wat by ‘n vulstasie gestop het om die motor voor te keer.

“Dit was nie nodig om die bestuurder by sy huis in hegtenis te neem nie, aangesien sy motor se nommerplaat en sy spoed reeds op die spoedkamera vasgevang was,” het Minaar gesê.

Die man, wat saam met ses ander motoriste Sondag tussen middernag en 06:00 in hegtenis geneem is, sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Randburg verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.