Spoedvraat ry 228km/h in Mpumalanga

Argieffoto

‘n Motoris is in hegtenis geneem nadat hy Vrydag teen 228km/h op die N4-tolpad in Mpumalanga gery het.

“Die man is van roekelose en nalatige bestuur aangekla en word by die Ngodwana-polisiestasie aangehou,” het Joseph Mabuza, woordvoerder vir die provinsie se departement van gemeenskapsveiligheid, gesê. Die man, wat met ‘n BMW-sedanmotor gery het, sal na verwagting Dinsdag in die periodieke hof in Ngodwana verskyn.

“Dié inhegtenisneming sal ‘n boodskap stuur dat roekelose bestuur tydens die vakansieseisoen in die provinsie nie geduld sal word nie,” het Vusi Shongwe, LUR, gesê. “Verkeersoortreders sal dag en nag werk om seker te maak dat die paaie veilig is en dat vakansiegangers hul onderskeie bestemmings veilig bereik.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Dirk J. Coetzee ·

Behoed ons die dag as “verkeersoortreders” dag en nag werk om die paaie te beveilig ….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.