Spoedvraat teen 225km vasgetrek

Argieffoto.

Argieffoto.

Die bestuurder van ʼn wit Volkswagen Golf GTI is Dinsdag in hegtenis geneem nadat hy 225km/h in ʼn 120km/h-sone op die N1-deurpad naby Midrand in Gauteng gejaag het.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, die woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, het Woensdag gesê die man gaan binnekort in die Randburgse landdroshof verskyn saam met sewe ander mense wat in dieselfde gebied vir spoed in hegtenis geneem is.

In ʼn afsonderlike voorval is die bestuurder van ʼn swart BMW-motorfiets ook Dinsdag in hegtenis geneem nadat hy 172km/h op die N1-suid naby die 14de Laan-afrit in Roodepoort, Gauteng, gejaag het. Hy het ook nie ʼn nommerplaat op sy motorfiets gehad nie. Die man moet binnekort in die Roodepoort-landdroshof verskyn saam met nege ander wat Dinsdag ook in die gebied gejaag het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Paul ·

Pieter jou Mercedes mag dalk wees, maar jou vermoë sal ek bevraagteken!!

german ·

Ek sou se veiliger as ‘n taxi teen 20km/uur, maar nie veiliger as ‘n taxi in die SAPS impound nie. Hehehehe…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.