Spoedvraat vervolg na openbare protes

Die 20-jarige man wat Sondag op die N1-noord in Centurion vasgetrek is nadat hy teen 188 km/h gery het, gaan nou vervolg word nadat hy vroeër ʼn afkoopboete betaal het.

Pretoria News berig dat Adam Hack vroeër ʼn afkoopboete van R1 500 betaal het maar dat dit intussen herroep is en hy nou vervolg gaan word na openbare protes. Busaphi Nxumalo, woordvoerder vir die Gautengse verkeerspolisie, sê hulle het talle klagtes van die publiek ontvang oor die afkoopboete wat Hack betaal het. “Die publiek is bekommerd dat mense wat die veiligheid van ander in gevaar stel so maklik daarvan kan afkom.” Nxumalo sê volgens wet moet enige persoon wat die spoedgrens met meer as 40 km/h oorskry vervolg word sonder die opsie om ʼn afkoopboete te betaal. “Wanneer ʼn persoon die spoedgrens met 60 km/h oorskry kan hy of sy in hegtenis geneem word en hul lisensie kan vir tot ses maande opgeskort word.” In Maart vanjaar is die Idols-beoordeelaar en 5FM-omroeper, Gareth Cliff, met R10 000 beboet nadat hy teen 182 km/h vasgetrek is.

Adam se pa, David (55), is ook Sondag vasgetrek nadat hy teen 234 km/h gery het. Albei het in Porsche GT3-motors gery. David het ook vroeër die week in die hof verskyn en is op borg van ʼn R1 000 vrygelaat. Die saak is tot 7 Augustus uitgestel.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

chans ·

Wat was fout David ? Jou kar kan 342 ry !! Was jy deurmekaar ?hehehehe

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.