Spoedvraat wou glo vinnig by hof uitkom

Argieffoto

Argieffoto

Vyf motoriste is Saterdag in hegtenis geneem weens spoedoortredings, het die Johannesburgse metropolisie gesê.

Hoof supt. Wayne Minnaar, die metropolisie se woordvoerder, het gesê die motoriste is op die M1-snelweg tussen Marlboro- en Woodmead-afrit in Sandton aangekeer en het meer as 140km/h in ʼn 100km/h-sone gery.

“ʼn 34-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy teen 172km/h op die snelweg gejaag het,” het Minnaar gesê. “Hy is in die vroeë oggendure aangekeer en het beweer hy moet na die Randburgse landdroshof jaag omdat hy glo omstreeks 03:20 ʼn oproep ontvang het om in dié hof te verskyn. Die howe maak egter eers om 08:30 oop.”

Altesaam 236 ander motoriste is deur spoedoortredingskameras afgeneem en gaan binnekort hul boetes in die pos ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.