Spogskool in Hitler-skandaal

‘n Spogskool in Johannesburg het ouers en leerders om verskoning gevra nadat ‘n 13-jarige leerder die Nazi-saluut op die verhoog gedoen het.

Die Sunday Times berig dat die leerder tydens “Moustache Day” by die St John’s-kollege in Houghton ‘n haarstyl en snor soos dié van die voormalige Duitse leier Adolf Hitler gedra en mede-leerders met die Nazi-saluut gegroet het. ‘n Joodse leerder in die gehoor, wie se familie deur die Nazi’s vermoor is, het in ‘n brief aan die skoolhoof gesê hy is gewalg. Roger Cameron, skoolhoof, het in ‘n brief op die skool se webblad gesê die voorval het baie woede onder personeel, seuns en die breër gemeenskap veroorsaak. Cameron het gesê die seun wat die saluut gedoen het, sowel as ‘n prefek het om verskoning gevra. “Dit was glad nie hulle bedoeling om enigeen te na te kom nie. St John’s-kollege vra onvoorwaardelik om verskoning.” Die ouers van die kinders kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.