Sport minister glo in middel van seksskandaal

Die minister van sport, Fikile Mbalula. Foto: GCIS

Die minister van sport, Fikile Mbalula, is in die middel van ʼn seksskandaal met ʼn 27-jarige model van Johannesburg, berig City Press.

Mbalula, ʼn 40-jarige getroude pa, het glo in Augustus vanjaar tydens twee geleenthede onbeskermde seks met die model gehad. Mbalula is ʼn voorstander van veilige seks en onthouding. Mbalula het glo ʼn paar uur na hy haar die eerste keer tydens ʼn gholfdag ontmoet het met haar seks gehad. Die model beweer nou sy is swanger met die minister se kind. Mbalula het egter ontken dat hy met die model seks gehad het.

Lees die volledige berig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.