Sportaanbieder geskors oor Linkin Park-twiet

Lance Witten. Foto: Twitter

Lance Witten, ʼn sportaanbieder by eNews, is geskors nadat hy ná Woensdagaand se ramp by die Linkin Park-konsert in Kaapstad ʼn onsensitiewe twiet uitgestuur het. Witten het in die vroeë oggendure, omstreek 03:00, getwiet: “Linkin Park is so badass, people are dying to see ‘em” [sic].

Maroela Media het vroeër berig een persoon is dood na gisteraand se voorval by die Kaapstad-stadion waar ʼn advertensiebord omgewaai het voor die groep opgetree het. Altesaam 19 mense is beseer waarvan 12 mense in die hospitaal opgeneem moes word.

Witten is vanoggend net na 08:00 onder andere deur die radioaanbieder Kieno Kammies oor die vingers getik. “Engage your brain dude, poor form and disgusting.” (sic)

Witten het kort daarna om verskoning gevra en ook intussen die twiet verwyder. Hy skryf hy besef dit was in swak smaak, onsensitief en “downright stupid”. (sic)

eNews het intussen bekend gemaak dat Witten geskors is ná sy uitlating oor die tragedie. “Witten se kommentaar weerspieël nie die sienings of waardes van ons maatskappy nie. ʼn Interne ondersoek sal gedoen word. Ons harte gaan uit na die familie en vriende van die jong vrou wat haar lewe verloor het, en dié wat beseer is, tydens die voorval,” het eNews gesê.

Witten se skorsing volg etlike ure nadat kol. McIntosh Polela, woordvoerder van die Valke, ook glo geskors nadat hy ʼn omstrede uitlating op Twitter gemaak het. Lees meer hier.

Lance Witten se twiet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.