Sportaanbieder se skorsing oor twiet opgehef

Lance Witten. Foto: Twitter

Lance Witten, ʼn sportaanbieder by ENews Channel Africa, sal Donderdag weer op sy pos wees na hy vroeër geskors is oor aanmerkings wat hy op Twitter gemaak het.

Witten is geskors nadat hy getwiet het oor ʼn voorval by die Linkin Park-konsert in Kaapstad nadat ʼn stellasie op konsertgangers geval het. Een persoon is dood en talle beseer. Witten het getwiet: “Linkin Park is so badass, people are dying to see ‘em” [sic]. Witten het kort daarna om verskoning gevra en ook die twiet verwyder. “ʼn Dissiplinêre ondersoek is gehou en die voorsitter het gevoel dat Witten verantwoordelikheid geneem het vir die twiet, berou getoon het en toegegee het dat sy twiet kwetsend en onvanpas was,” het ENews in ʼn verklaring gesê. Witten het egter ʼn skriftelike waarskuwing ontvang en moet opleiding rakende sosiale media ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.