Sportaanbieder weer in hof oor beweerde ‘seksdaad’

ʼn Sport-aanbieder wat homself glo voor ʼn 15-jarige seun onbloot en gemasturbeer het, se saak is Donderdag uitgestel vir verdere ondersoek.

Beeld berig die 46-jarige man se naam mag nie bekendgemaak word alvorens hy gepleit het nie aangesien die aanklagte teen hom seksueel van aard is. ʼn Hoërskool-seun beweer hy het die sauna by die Randburg Virgin Active gimnasium binnegegaan waar hy die aanbieder en nog ʼn man sien gesels het. Die ander man het glo die vertrek verlaat waarna die aanbieder glo sy bene oopgemaak het en homself aan die minderjarige ontbloot het. Die aanbieder het glo hierna die minderjarige na die stort gevolg waar hy voor hom gemasturbeer het. Die aanbieder is sy lidmaatskap by die gimnasium kwyt en sal volgens Beeld nie weer sport aanbied totdat die strafsaak teen hom afgehandel is nie. Sy borgtog is tot in Januarie volgende jaar verleng.

Lees die storie hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.