Sportafrigter sterf ná kar donkie tref

Thomas Madigage, die assistent-afrigter van Bafana Bafana, het Donderdagaand in ‘n motorongeluk gesterf.

Volgens Brigadier Hangwani Mulaudzi, ʼn polisiewoordvoerder van Limpopo, het die ongeluk naby Burgersfort plaasgevind. Madigage was alleen in sy voertuig op die R37-pad, tussen Polokwane en Burgersfort, toe ʼn donkie oor die pad geloop het.

“ʼn Voertuig wat ʼn karavaan gesleep het, het voor hom gery. Dié voertuig het uitgeswaai om die donkie te vermy, maar Madigage kon nie betyds uitswaai nie en sy motor die donkie getref. Madigage is tussen 22:00 en middernag dood,” het Mulaudzi gesê.

Sapa

Foto:sportindustry.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.