Sportafrigter vas oor verkragting van seuns

handcuffs3-320x257ʼn 33-jarige man van Oranjeville in die Vrystaat is in hegtenis geneem op 16 aanklagte wat verband hou met die verkragting van minderjarige seuns.

Sellwane Mapamela, woordvoerder van die polisie, sê die man is Dinsdag in hegtenis geneem en aangekla en sal binnekort in die Heilbron-landdroshof verskyn. Mapamela sê die man se arrestasie kom nadat die polisie klagtes ontvang het van ʼn skool in Oranjeville.

Na ʼn ondersoek is daar vasgestel dat minstens 16 seuns bewerings van verkragting teen die sportafrigter gemaak het. Daar word beweer dat die afrigter sportkampe gehou het en van die seuns seksueel aangerand het na oefensessies. Mapemela sê die man het sy beweerde slagoffers, almal tussen 13 en 16 jaar oud, glo met die dood gedreig indien hulle iets sou sê. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.