Sportlegende sterf

Karen Muir in 1967

Die swemlegende Karen Muir is Maandagaand oorlede ná ʼn lang stryd teen kanker.

Muir, wat verlede jaar ook ʼn hartaanval gekry het, is in 2009 met borskanker gediagnoseer. Die kanker het na haar longe versprei en het vinniger gegroei as wat verwag is. Sy het in 2012 gehoor sy het net ‘n paar maande oor om te leef.

Muir woon sedert 2000 in Vanderhoof in Kanada, waar sy as dokter gepraktiseer het.

Muir is op 16 September 1952 in Kimberley in die Noord-Kaap gebore. Sy het diep spore in die sportwêreld getrap nadat sy op 10 Augustus 1965 ‘n sportwêreldrekord verbreek het. Sy het die 110 meter-rugslag in 1m 08.7s by die ASA Nasionale Junior Kampioenskappe in Blackpool, Engeland voltooi. Sy was in dié stadium maar 12 jaar oud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Joey Odendaal ·

Hoe hartseer…..ons dink aan haar familie in ons gebede! Sy WAS ‘n legende verseker!

Eastcape Crafter ·

I well remember the excitement that was around every time she swam and won. Rest in peace, Karen. My heartfelt sympathies to your family.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.