Sportster met R60 000 beboet

Bryce Moon

Bryce Moon is Maandag ʼn boete van R60 000 of twee jaar tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan strafbare manslag.

Die voormalige Bafana Bafana-speler is Vrydag in die Randburg-landdroshof skuldig bevind aan strafbare manslag, maar is vrygespreek van aanklagte van moord, poging tot moord, dronkbestuur en roekelose en nalatige bestuur. Landdros Vincent Pienaar het Moon se bestuurderlisensie vir ses maande opgeskort.

Moon was in die hof nadat hy in 2009 ʼn voetganger, Mavis Ncube, in Sandton doodgery het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.