Spotplakkaat van Zuma en Zille het sosiale netwerke in rep en roer

ʼn Spotplakkaat wat wys hoe poppe van president Jacob Zuma en DA-leier Helen Zille mekaar met kaal bolywe omhels het gebruikers op sosiale netwerke in rep en roer.

Die plakkaat van ZANews, die Suid-Afrikaanse satiriese poppespel-program, dryf die spot met die DA studenteorganisasie (Daso) se plakkaat wat wys hoe ‘n wit man en swart vrou mekaar met kaal bolywe omhels. Dié plakkaat het verlede week ʼn opskudding veroorsaak op sosiale netwerke nadat die organisasie dit op Facebook geplaas het. ZANews het die spotplakkaat op sy Facebook-blad geplaas met die boodskap: “So die DA welpies geniet ons weergawe van hulle slegte plakkaat? Wag tot ons dit na die volgende vlak vat.” Zille het op Twitter gesê sy het ZANews se plakkaat geniet. “Het lekker gelag,” het sy geskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.