Spotprenttekenaar gee Eskom R25 miljoen rekening

Foto: GCIS

ʼn Spotprenttekenaar sê Eskom skuld hom R25 miljoen en dreig om kriminele aanklagte teen die kragreus se base aanhangig te maak indien hulle nie opdok nie.

City Press berig dat Mvuyisi Wilber Mfebe beweer dat Eskom sy strokiesprentreeks gesteel het vir ‘n nasionale veldtog genaamd Wiseman. Mfebe het die afgelope tien jaar by verskeie regeringsdepartemente aangeklop in ʼn poging om die dispuut op te los. Ayanda Noah, ʼn uitvoerende hoof van Eskom, het Mfebe later vir ʼn faktuur gevra. “Ons ondersoek kon nie vasstel dat jy die eienaar van die idee is nie,” het Noah egter laat in ʼn brief aan Mfebe geskryf. “Ons sal wel ʼn bedrag betaal wat ons dink is regverdig…” Nadat Mfebe met ʼn regsverteenwoordiger gekonsulteer het, het hy vir Eskom ʼn faktuur van R25 miljoen gestuur vir die uitgebreide gebruik van sy konsep wat in koerante, op radio en televisie verskyn het. Die openbare beskermer ondersoek intussen ook die saak.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.