Springbok-losskakel se pa vas oor beweerde diefstal

Die Springbok-losskakel, Morné Steyn, se pa is Vrydagmiddag kort voor sy seun vir die Bulls uitgedraf het, vir beweerde diefstal in hegtenis geneem.

Beeld berig dat Johan Steyn Vrydagmiddag deur speurders van die Parkweg-polisiestasie in hegtenis geneem is by sy huis in Bloemfontein. ʼn Polisiewoordvoerder, kapt. Chaka Marope, het bevestig dat ʼn 56-jarige man Maandag in die Bloemfonteinse landdroshof sal verskyn op aanklag van diefstal. ʼn Werknemer van Stafix Electric Fence Centre wat na bewering saam met Steyn sr. by die diefstal betrokke was, het reeds in die hof verskyn en skuld beken. Hy is verlede Saterdag in hegtenis geneem nadat daar na voorraadopname besef is daar is R30 000 se voorraad by Stafix gesteel. Die ander werknemer het glo gesê dat hy betaal is om die voorraad vir Steyn sr. te steel.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.