Springbokgroep vir wêreldbekertoernooi aangekondig

Agtien spelers van die Springbokspan wat in 2007 die wêreldbeker-toernooi gewen het, is ingesluit in die groep van 30 spelers wat sal probeer om die Web Ellis-beker suksesvol te verdedig.

Die groep is Dinsdagaand tydens ʼn regstreekse uitsending op SuperSport aangekondig. John Smit voer weer die span aan. Smit, Victor Matfield, Bakkies Botha, Jaque Fourie en Danie Rossouw sal almal hul derde Wêreldbeker-toernooi speel. Die groep bestaan uit nege spelers wat vanjaar in die Super Rugbyreeks vir die Bulle uitgedraf het, agt vir die Haaie en sewe vir die Westelike Provinsie. Die Springbokke vertrek op 1 September na Nieu-Seeland vir die wêreldbeker-toernooi. Hulle eerste wedstryd is op 11 September teen Wallis in Wellington.

Die groep is: Willem Alberts, Gio Aplon, Bakkies Botha, Heinrich Brüssow, Schalk Burger, Juan de Jongh, Jean de Villiers, Bismarck du Plessis, Jannie du Plessis, Fourie du Preez, Jaque Fourie, Bryan Habana, Francois Hougaard, Butch James, Pat Lambie, Francois Louw, Victor Matfield (ok), Tendai Mtawarira, Johann Muller, Odwa Ndungane, Ruan Pienaar, JP Pietersen, Chiliboy Ralepelle, Danie Rossouw, John Smit (k), Pierre Spies, Gurthrö Steenkamp, Frans Steyn, Morné Steyn en CJ van der Linde.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.