Springbokke behaal oortuigende oorwinning oor Fidji

Die Springbokke het Fidji Saterdag met 49-3 vertrap tydens hulle groep D-wedstryd by die Westpac-stadion in Wellington.

Gurthrö Steenkamp het die Bokke se eerste drie aangeteken in die 26ste minuut van die wedstryd. Jacque Fourie het kort hierna deur Fidji se verdediging gebars om die Bokke met 18-3 die voortou te laat neem. Morné Steyn se skopvoet het die telling teen rustyd op 21-3 te staan laat kom. Frans Steyn het sy staal gewys toe hy kort na rustyd twee keer oor die doellyn geduik het. Beast Mtawarira het met sy drie die Bokke met 40-3 die voortou laat neem. Danie Rossouw het in die 76ste minuut van die wedstryd het ook vir hom die eer van speler van die wedstryd verseker. Die Springbokke het goed verdedig en het ook sy staal in die skrums gewys. Die verdedigende kampioene kom op 22 September om 10:00 teen Namibië te staan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.