Springbokke kry helde-ontvangs met terugkeer na SA

Die Springbokke se onderkaptein, Victor Matfield, saam met sy dogtertjies kort na sy aankoms by die OR Tambo Internasionale lughawe. Foto: Werner Beukes/SAPA

Honderde mense het by die OR Tambo Internasionale lughawe opgedaag om die Springbokke te verwelkom met hul terugkeer van die rugby wêreldbeker.

Die Springbokke is Sondag uit die wêreldbeker geskakel na Australië, hulle met 11-9 geklop het. Honderde ondersteuners het die span ingewag en vlaggies en plakkate rondgeswaai. Die Bokke se afrigter, Peter de Villiers, het tydens ʼn perskonferensie na die span se aankoms, gesê die Springbokke het die land in die steek gelaat maar dat dit nie opsetlik was nie. Die Bok-kaptein, John Smit, sê die span het sekere doelwitte gestel maar dit nie bereik nie. Hy sê die afgelope twee dae was baie emosioneel en die feit dat honderde mense die span terug verwelkom het, maak dit veel erger. Die Springbokke se onderkaptein, Victor Matfield, sê die land het gesien hoe hulle in Nieu-Seeland geveg het. Smit en Matfield het Sondag, hulle laaste wedstryde in die Bok-trui gespeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Meisie Rademeyer ·

Mense kyk, ons weet almal hoekom die springbokke verloor het. Dis te danke aan die ref. Ja hy is nou in die pad gesteek, maar ek sou sê ontneem Die Ausies die punte en gee dit aan die Springbokke. Beboet ook die ref. Maak van hom ‘n voorbeeld sodat dit as waarskuwing kan dien vir die ander refs wat ook idees het om dieselfde dte doen. Die Springbokke is nie net beroof van hulle spel nie maar hulle is ‘n groot oneer aangedoen. Maar vir my bly hulle steeds SA se trots. Bokke hou julle koppe hoog.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.