Springbokke wen Wallis na naelbyt-stryd

Die Springbokke het in sy eerste Wêreldbekerwedstryd ʼn naelbyt-oorwinning behaal oor Wallis.

Suid-Afrika het vroeg in die wedstryd die voortou geneem met ʼn drie deur Francois Steyn. Morné Steyn het met ʼn suksesvolle doelskop en ʼn strafdoel kort hierna verseker dat die Springbokke met 10-6 voorgeloop het teen rustyd. Wallis het egter kort na rustyd teruggekap met ʼn drie van Toby Faletau. ʼn Suksesvolle doelskop en ʼn strafdoel het Wallis die voortou laat neem met 16-10. ʼn Skitterdrie deur Francois Hougaard en ʼn doelskop deur Morné Steyn het Suid-Afrika se oorwinning verseker. Die Springbokke kom op 17 September teen Fidji te staan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.