Springbokspan vir Saterdag

Jean de Villiers en Heyneke Meyer Foto: Getty Images

Heyneke Meyer, breier vir die Springbokke, het gesê die span sal Saterdag onveranderd op die veld draf vir hul wedstryd teen Engeland.

Die Springbokke speel Saterdag op Twickenham hul finale toets van die seisoen teen Engeland.

Die enigste verandering is op die reserwebank waar Pat Cilliers die beseerde CJ van der Linde vervang en Elton Jantjies vir Morné Steyn vervang.

Jean de Villiers, kaptein, sal die vyfde Springbok word wat die meeste kere as kaptein op die veld draf. Hy speel in sy 84ste toets. John Smit het die meeste (111), Victor Matfield is in die tweede posisie (110), dan Percy Montgomery (102) en Joost van der Westhuizen (89).

Die Springbokspan (15-1): Zane Kirchner, JP Pietersen, Juan de Jongh, Jean de Villiers (kaptein), Francois Hougaard, Pat Lambie, Ruan Pienaar, Duane Vermeulen, Willem Alberts, Francois Louw, Juandré Kruger, Eben Etzebeth, Jannie du Plessis, Adriaan Strauss, Guthrö Steenkamp.
Reserwes: Schalk Brits, Heinke van der Merwe, Pat Cilliers, Flip van der Merwe, Marcell Coetzee, Elton Jantjies, Jaco Taute, Lwazi Mvovo.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.