St Francisbaai: Brand geblus, huise ontruim

Foto: Twitter

Skoonmaakoperasies duur Maandagoggend in St Francisbaai in die Oos-Kaap voort nadat ʼn brand meer as 100 huise verwoes het.

“Brandbestryders is omstreeks 04:00 huis toe gestuur om te gaan slaap nadat die brand by die St Franciskanale ook geblus is,” het Laura-Leigh Randall, woordvoerder vir die Kouga-munisipaliteit gesê. “Brandbestryders van die Cacadu-distriksmunisipaliteit is steeds op die toneel om die situasie dop te hou en seker te maak dat daar nie weer ʼn brand ontstaan nie.”

Die brand was Sondagaand omstreeks middernag halfpad geblus en het nie meer ʼn onmiddellike bedreiging vir ander huis in die gebied ingehou nie. Die verwoestende brand is deur ʼn sterk westelike wind aangehelp.

Intussen berig EWN dat die brand om 17:30 moontlik ontstaan het toe ʼn paar mense by die Royal Wharf-ontwikkeling gebraai het. Alle inwoners in die gebied is versoek om te ontruim en ʼn tydelike gesamentlike arbeidsentrum is by die plaaslike polisiestasie ingerig. Meeste van die huise in die gebied is vakansiehuise.

Dit is nog nie duidelik hoeveel huise afgebrand is nie. “Ons het nog nie ʼn aanduiding van die omvang van die skade nie, ons sal dit vandag bepaal,” het Randall bygevoeg.

Vir ʼn video en foto’s van die skade in die gebied, klik hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.