Die St Francisbaai Inwonersvereniging oorweeg om die Kouga-munisipaliteit te dagvaar ná Sondag se verwoestende brand.
Die inwoners wil die munisipaliteit dagvaar weens die feit dat hy nie op die vereniging se verslag in 2010 reageer het nie, berig AlgoaFM. Die vereniging het in dié verslag dit duidelik gemaak dat ‘n behoorlike brandweerstasie op die dorp ingerig moet word. Byna 70 huise, ses woonstelle en kantoorspasie is in dié verwoestende brand beskadig. Versekeringsmaatskappye beraam die totale koste tot soveel as R900 miljoen.
Tony Moore, voorsitter van die vereniging, het die Kouga-munisipaliteit se apatie bekla.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
moenie grasdakke opsit nie, kyk die huise met teeldakke het nie gebrand nie